Volkoring en neute beskuit Thursday, Feb 23 2012 

Hier is ‘n lekker gesonde beskuit resep, vir daai koppie boeretroos.

280 g (2 x 250 ml) witbroodmeel
200 g (250 ml) suiker
5 ml sout
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kremetart
1 kg (4 x 250 ml) volkoringmeel
250 g botter, gesmelt
250 ml rosyne
125 ml pekanneute, gekap
500 ml karringmelk
2 eiers, geklits
200 ml olie

1. Sif witbroodmeel, suiker, sout, bakpoeier, koeksoda en kremetart saam. Roer die volkoringmeel by.

2. Roer die gesmelte botter, rosyne en neute by. Klits die karringmelk, eiers en olie saam en voeg by. Meng tot ‘n deeg, rol in balletjies en pak in gesmeerde broodpanne.

3. Bak in ‘n voorverhitte oond (180 °C) vir sowat 1 uur. Laat afkoel, breek in stukke en pak op bakplate om uit te droog in ‘n louwarm oond.

Geniet dit!

boerekos.com

Rooibostee-sjokoladekoek Tuesday, Feb 21 2012 

 

Hier is ‘n heerlikke resep wat altyd goed sal afgaan .

250 ml warm Instant Rooibostee (1 t op 250ml water)

125 ml kakao

4 ekstra-groot eiers, geskei
375 ml suiker
125 ml olie

5 ml vanieljegeursel

450 ml koekmeelblom

15 ml bakpoeier
2 ml sout
Versiersel

1/2 pakkie sjokoladekitspoeding
1 blik karamelkondensmelk
250 ml rooM

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 22 cm. Voer uit met bakpapier. Meng die tee en kakao saam tot glad en laat afkoel. Klits eiergele en suiker baie goed saam tot lig en dik. Roer die kakaomengsel, olie en vanieljegeursel by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer by. Klits die eierwitte tot stywe punte vor

m en vou by die beslag in. Verdeel die beslag tussen die panne en bak vir 25-30 minute tot gaar of ‘ toetspen skoon uit die koeke kom. Laat effens afkoel en keer uit op draadrakke om heeltemal af te koel. Vir die versiersel: Klits alles saam tot glad en verkoel tot benodig. Versier tussen die lae en bo-op met die versiersel. Sif kakao oor of besprinkel met gekapte neute of gerasperde sjokolade. Hou in die yskas en haal 10 minute voor teetyd uit. Lewer 1 groot koek.

Geniet dit!

boerekos

Vrydag Grappie Friday, Feb 10 2012 

Net so giggle vir die Vrydag.