Wat is n regte Suid Afrikaner? Dit is die vraag wat Koos Kombuis die ander dag gewonder het en hy vrae: Hoe lyk hy? Wat eet hy? Wat is sy gunsteling-sport? Hoe trek hy aan? Watse taal praat hy? Wie is hierdie dude?
Hy se verder dat “Mens kan dadelik ’n Amerikaner uitken, of hy nou wit of swart is. Sy aksent gee hom weg.
Australiërs is daai ouens met die kurkproppe wat van die kant van hulle breërandhoede afhang. Oukei, almal lyk nie so nie, maar ten minste het die mensdom ’n prentjie in hul kop van Australiërs.
Britte? Daar is net drie soorte: upper class, soccer hooligans en swart dudes wat klink soos die celebrity chef Ainslee. Geen verwarring daar nie. ’n Brit is ’n Brit, al is daar subtiele verskille.
Selfs mense uit Afrika word al makliker om uit te ken, veral nou dat ons ’n instroming van vreemdelinge het. Malawiërs is die lang ouens wat eintlik blou van swartgeid is. Kongolese het sonnige glimlagte en kan Frans praat. Somaliërs is die ouens met die winkeltjies.
’n Fransman is ’n Fransman. ’n Spanjaard is ’n Spanjaard. Italianers is Italianers, Portugese is Portugese en Chinese is Chinese, behalwe as hy ’n kamera dra, dan’s hy Japannees.
Maar wat de hel is ’n Suid-Afrikaner?
Hoe lyk hy? Wat eet hy? Wat is sy gunsteling-sport? Hoe trek hy aan? Watse taal praat hy? Wie IS hierdie dude?
Dink ek aan die konsep “’n tipiese Suid-Afrikaner” strike my brein ’n blênk.
Aan die een kant wil ek moed verloor. Maar daar is ook ’n klein stemmetjie wat sê: dalk is hierdie verstommende diversiteit juis die een ding wat ons uniek maak?”
Lees sy hele rubiek in Rapport
Leave a Response »