‘n Maklike beskuitresep, ideaal vir daai koppie boeretroos …

 

Bestanddele

1 kg bruismeel
125 ml suiker
500 ml semels
250 ml volkoringmeelblom
150 ml sesamsaad
150 ml sonneblomsaad
15 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers, geklits
500 ml karringmelk
blikkie kondensmelk
450 ml botter gesmelt

Wat om te doen:

Voorverhit oond tot 180 grade celsius.

Plaas droe bestanddele in n mengbak en meng goed.
Maak n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed.

Smeer 3 middelslag broodpanne met botter.
Verdeel die mengsel tussen die panne en maak gelyk bo-op.

Bak sowat 45 minute lank by 180 grade celcius of tot goudbruin en deurgaar.
Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel.

Sny die beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate.
Laat oornag in n koel oond +-70 grade celsius, uitdroog. Laat die oonddeur effens oopstaan.

 

Geniet dit!

Bron: boerekos.com

Advertisements