Hier is n fantastiese resep vir familie of vriende.

 

8 varktjops of kotelette, sowat 2 cm dik gesny

sout en pas gemaalde swartpeper

60ml (1/4 k) koekmeelblom

60ml (1/4 k) olie

2 groot uie, in skywe gesny

1,25 l (5 k) vleisaftreksel

375 ml (1,5 k) droë rooi wyn

250 ml (I k) pitlose pruimedante

125 ml (1/2 k) appelkose

45 ml (3 E) gekepte pietersielie

 

  1. Verwyder swoerd en rand oortollige vet van tjops af. Geur varktjops na smaak. Bedek tjops met meelblom en skud oortollige meel af. Verhit olie in swaarboomkastrol en braai tjops in klompies tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op papierhanddoek.
  2. Giet olie uit swaarboomkastrol, maar behou sowat 30ml (2 E). Soteer uie in dieselfde kastrol in olie tot ligbruin.
  3. Plaas tjops bo-op uie en giet warm aftreksel en wyn daaroor. Laat prut vir sowat 15 minute met deksel op.
  4. Voeg vrugte by en laat prut tot vleis en vrugte sag is – sowat 45 minute. Skep vleis met gaatjieslepel uit en rangskik vrugte rondom vleis op opdienbord. Bedek met aluminiumfoelie en hou warm.
  5. Kook vloeistof in kastrol af tot effens dikker en roer af en toe. Geur na smaak en giet oor tjops. Strooi pietersielie bo-oor en dien op saam met knoffelkapokaartappels en groenboontjies.

Bron: Rooirose

Advertisements